Tipiese vrae

Waar is die boekwinkel?

Hutten-Buchdienst is in die ooste van Pretoria. Kliek hier vir padaanwysings.

Hoe kan ek bestel?

As u nie ons winkel kan besoek nie, kan u 'n bestelling plaas deur gebruik te maak van e-pos, pos, telefoon of faks. Kliek hier vir kontakbesonderhede.

Ek sal nie Pretoria toe kan kom nie. Kan die boeke met die pos gestuur word?
 
Ja, natuurlik. Vir pos binne-in Suid-Afrika vra ons R60 per bestelling onafhanklik van die bestelwaarde.
Ons kan ook per koerier stuur waarvoor ons u straatadres nodig het: R110.
Vir boeksendings buite Suid-Afrika kontak ons asseblief voordat u bestel.
 
Hoe lank vat dit om 'n boek van 'n uitgewer in Suid-Afrika te bestel?
 
Dis baie wisselvallig. Boeke wat vanaf groot uitgewers kom, kry ons binne enkele dae.
 
Hoe lank vat dit om 'n boek van Amerika of Duitsland te bestel?
 
Met lugpos kan 'n bestelling twee weke vat, met gewone pos tot twee maande.
 
Kan ek per debiet- of kredietkaart betaal?
 
Ons aanvaar ongelukkig net kontant, tjeks of elektroniese oorplasings. Kliek hier vir bankbesonderhede.
 
Kan u ook tweedehandse boeke vir my besorg?
 
Al ons boeke is nuwe boeke.
 
Kan ek boeke by Hutten-Buchdienst laat druk?
 
Nee, ons is 'n boekhandelaar en nie 'n drukkery nie.
 
Ek het 'n boek by Hutten-Buchdienst bestel, maar die boek is beskadig en/of verkeerd om gebind. Kan ek 'n nuwe boek kry?
 
Ja, solank die boek nog beskikbaar is, sal ons die boek vervang.