| Hutten-Buchdienst is 'n boekwinkel in die
ooste van Pretoria waar dit reeds sedert 1985 'n boeke-diens lewer. Alhoewel deesdae hoofsaaklik Afrikaanse en Engelse boeke verkoop word, maar aanvanklik meestal op Duitse boeke gefokus is, is daar besluit op 'n Duitse naam vir die boekwinkel. Hutten-Buchdienst is vernoem na Ulrich von Hutten. Hy was 'n Duitse digter en hervormer, wat uitgesproke kritiek oor die Rooms-Katolieke Kerk gelewer het en een van die eerste Duitse skrywers wat in Duits in plaas van in Latein geskryf het. 'Buchdienst' beteken boeke-diens. Waar boek-'winkels' net boeke verkoop wat op hulle rakke staan, probeer 'n boek-'diens' boonop boeke vir die klant in die hande te kry wat miskien by geen ander boekwinkel te koop is nie. Ons boekstalletjie is dikwels te vinde by volks- en kerkbyeenkomste. |
![]() 21 April 1488 tot 29 Augustus 1523 |